Godongwana spoel sy mond uit oor geskille oor die Nasionale Gesondheidsversekering
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 14
- 1 min read
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, sê regsgedinge teen die Nasionale Gesondheidsversekering behoort buite die hof geskik te word.
Tydens die mediumtermynbegrotingsdebat in die parlement het hy mediese verenigings gekritiseer wat die wet betwis, en gesê dit vertraag universele toegang tot gesondheidsorg.
Godongwana het ook die Zuma-administrasie blameer vir die herleiding van miljarde rand van gesondheid en onderwys na mislukte staatsentiteite. Hy sê die huidige regering werk daaraan om befondsingstekorte aan te spreek.





Comments