Die grondwetlikheid van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet word betwis
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 5, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsbefondsersvereniging het ‘n hofaansoek van stapel gestuur om die grondwetlikheid van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet te betwis. Die Gesondheidsbefondsersvereniging verteenwoordig 20 mediese skemas en drie administrateurs, insluitend gesondheidsorgreuse soos Discovery en Momentum. Die vereniging sê dat hulle die hofsaak namens nege-komma-een-miljoen mediese skemalede van stapel gestuur het. Die vereniging voer aan dat die bedryfsmodel van die Nasionale Gesondheidsversekeringskema die grondwetlike reg van burgers skend om te kies hoe om toegang tot gesondheidsorg te verkry.






Comments