Godongwana sê daar is nie planne om die huidige inflasieteiken te verlaag nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 3, 2025
- 1 min read
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die Nasionale Tesourie het geen planne om die huidige inflasieteiken te verlaag nie. Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank aangekondig het dat hulle die 3% inflasieteiken sal begin teiken en nie die 4,5% middelpunt onder die 3 tot 6% reeks nie. Godongwana sê dit is belangrik om sy standpunt oor hierdie kwessie te verduidelik weens sekere verwagtinge wat geskep is. Volgens ‘n verklaring het die minister geen voorneme om die skuif na ‘n 3% teiken by die volgende Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring te bevestig nie.






Comments