top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Godongwana trek die huidige Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste terug

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 24, 2025
1 min read

Die parlement sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal die huidige Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste en Bewilligingswetsontwerp moet terugtrek om uitgawe-aanpassings voor te stel. Dit kom nadat die minister die besluit om belasting op toegevoegde waarde (of, BTW) met 0,5% te verhoog, omgekeer het. Godongwane sal na verwagting in die komende weke nuwe wetsontwerpe instel. Die Nasionale Vergadering se voorsitter, Cedric Frolick, sê hierdie verwikkelinge sal gevolge vir die parlement en die Nasionale Vergadering se program inhou.

 
 
 

Comments


bottom of page