top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Goeie kans' dat sankies teen ANC-leiers kan slaag

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 4, 2025
  • 1 min read

’n Wetsontwerp om die bilaterale betrekkinge tussen die VSA en Suid-Afrika te hersien, en wat voorsiening maak vir geteikende sanksies teen ANC-leiers, “het die keer ’n goeie kans om te slaag”. So sê Solidariteit se hoof van internasionale skakel, Jaco Kleynhans. Maroela Media berig verder die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het reeds verlede jaar ’n wetsontwerp goedgekeur waarvolgens die verhouding tussen die VSA en Suid-Afrika volledig hersien moes word. Die wet is egter nooit in die senaat ter tafel gelê nie. Lede van die huis van verteenwoordigers se buitelandse sake-komitee het egter nou die wet bygewerk en weer ingedien. Volgens Kleynhans is die belangrikste verskil dat die wet nou sterk voorsiening maak vir sanksies teen ANC-leiers.

 
 
 

Comments


bottom of page