Goeie landbouproduksie bring uitdagings
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 15, 2025
- 1 min read
Die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, sê hoewel 'n onlangse Agbiz-verslag akkuraat is en die vooruitsigte beduidend verbeter het, bring die goeie produksie ook uitdagings mee. Die verslag handel oor produksietoestande in Suid-Afrika se landboubedryf vir 2025 en die vooruitsigte vir 2026.
Netwerk24 berig volgens Agbiz kan 2025 as ’n jaar van gemengde welslae beskryf word. Aan die positiewe kant het veldgewasse, tuinbou en die wynbedryf goed gevaar, terwyl die veebedryf – veral beesboerdery – swaar getref is deur die voortgesette uitbreking van bek-en-klouseer.
Wilken sê sy hoop is dat die 2025-’26-seisoen werklik ’n jaar van herstel en groei sal wees, en dat almal in die waardeketting – van boer tot verbruiker – uiteindelik kan floreer.







Comments