top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Goeie landbouproduksie bring uitdagings

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 15, 2025
1 min read

Die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, sê hoewel 'n onlangse Agbiz-verslag akkuraat is en die vooruitsigte beduidend verbeter het, bring die goeie produksie ook uitdagings mee. Die verslag handel oor produksietoestande in Suid-Afrika se landboubedryf vir 2025 en die vooruitsigte vir 2026.


Netwerk24 berig volgens Agbiz kan 2025 as ’n jaar van gemengde welslae beskryf word. Aan die positiewe kant het veldgewasse, tuinbou en die wynbedryf goed gevaar, terwyl die veebedryf – veral beesboerdery – swaar getref is deur die voortgesette uitbreking van bek-en-klouseer.


Wilken sê sy hoop is dat die 2025-’26-seisoen werklik ’n jaar van herstel en groei sal wees, en dat almal in die waardeketting – van boer tot verbruiker – uiteindelik kan floreer.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page