top of page

Goeie nuus dalk in vooruitsig vir belanstingbetalers

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 4
  • 1 min read

Daar is dalk goeie nuus oppad vir belastingbetalers.

In die begrotingsoorsig in Mei vanjaar het die nasionale tesourie gesê indien die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sy invordering van belastingskuld met tussen R20 miljard en R50 miljard per jaar kan verhoog, kan die voorgestelde belastingverhoging van R20 miljard in 2026 heroorweeg word.

Die syfers wat die tesourie vandeesweek bekend gemaak het, wys die teiken is binne bereik.

Volgens Maroela Media is die SAID op koers om vanjaar ʼn bykomende sowat R35 miljard vir die staatskoffers in te samel deur sy spesiale fokus op uitstaande belastingskuld.

Die belastingseisoen skop op Maandag 7 Julie af, met belastingbetalers wat outomatiese aanslae kry eerste aan die beurt.

 
 
 

Comments


bottom of page