Goeie nuus vir motoriste vir Januarie
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 26, 2025
- 1 min read
Motoriste in Suid-Afrika kan in Januarie aansienlike brandstofverligting verwag. Dit is volgens die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds.
Teen die einde van die vierde week van Desember het petrolprys-oorverhalings verder verbeter, wat dui op verlaging van tussen 46 en 51 sent per liter.
Dieselpryse lyk selfs beter, met verwagte dalings van tot een-rand-36 sent per liter.
Daar is nog een prysweek oor, maar ’n petrol- en dieselverlaging is feitlik gewaarborg. Die positiewe vooruitsig word aangehelp deur ’n sterker rand en laer internasionale oliepryse.







Comments