top of page

Goeie Samaritaan se dade bring dubbele vreugde

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 14
  • 1 min read

'n Goeie Samaritaan se daad het dubbele vreugde gebring.

Nadat Johan Kotze kaartjies na die rubywedstryd tussen die Springbokke en die Barbarians in Kaapstad op 28 Junie gewen het, het hy 'n hawelose man, Alan Strydom, saam geneem. Kotze het Strydom – beter bekend as Luigi – onder 'n brug raakgeloop.

Luigi se suster, Charmelle Oliveria, het hom in mediaberigte gesien, en was oorweldig met dankbaarheid. Dit aangesien Luigi 'n skisofreen is wat al sedert 15 Februarie uit die Fort England-hospitaal in Makhanda in die Oos-Kaap vermis word.

Volgens Netwerk24 moes Luigi van tyd tot tyd by die hospitaal aanmeld. Hy het die bepalings van sy ontslag oorskry nadat hy by die huis weg is sonder om vir enigiemand te sê waarheen hy gaan.

 
 
 

Comments


bottom of page