Goo Goo Dolls se toer is uitgestel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 3, 2024
- 1 min read
Die Goo Goo Dolls se Suid-Afrikaanse toer wat oorspronklik vir die week geskeduleer was, is uitgestel. Die geliefde rock-groep sou in Kaapstad, Durban en Pretoria optree het, maar weens hoofsanger John Rzeznik se hospitalisasie sal hulle nou einde Maart volgende jaar optree. Primedia berig kaartjies wat reeds gekoop is, word ten volle deur Webtickets, hul kaartjievennoot beskerm en is outomaties vir die nuwe datums geldig. Volgens Rzeznik het sy dokter rus en herstel aanbeveel, maar hy stel Suid-Afrikaners gerus dat hulle die wag die moeite werd sal maak. LUISTER HIER:







Comments