Good eis 'n verduideliking oor VSA seesoldate
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 14
- 1 min read
Die Good-party eis ’n verduideliking vir die teenwoordigheid van die Amerikaanse seesoldate op Muizenbergstrand.
Die Stad Kaapstad sê die seesoldate help om kadette van die Kaapstadse Metropolisie op te lei. Good sê dit wek ernstige regs-, bestuurs- en aanspreeklikheidskwessies.
Die party waarsku dat munisipale polisie kan nie oop wees vir almal nie. Die party sê die Grondwet is duidelik oor hoe munisipale dienste moet funksioneer.








Comments