Good-party vra vir 'n basiese inkomstetoelaag

Oct 17
1 min read
Die Good-party het sy oproep hernu dat die regering die huidige maatskaplike noodlenigingstoelaag (SRD-toelaag) met ’n basiese inkomstetoelaag vervang.
Volgens Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, beloop die maandelikse toelaag van R370 sowat R12,30 per dag. Hy sê dit dek slegs 43 % van die daaglikse koste om genoeg kos te koop om in ’n mens se basiese energiebehoeftes te voorsien.
Herron voer aan dat die SRD-toelaag nie voldoen aan die staat se grondwetlike plig om te verseker dat almal toegang tot voldoende voedsel en maatskaplike sekerheid het nie.
LUISTER HIER:
Brett Herron









Comments