top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Good-party vra vir welvaartsbelasting op Afrikanervlugtelinge

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 11, 2025
1 min read

Die Good-party het die Suid-Afrikaanse regering versoek om ‘n spesiale welvaartsbelasting, op die Afrikanervlugtelinge wat na Amerika sal vertrek, op te lê. Die party glo dat hierdie groep mense nie voordeel moet trek uit die verkoop van hul vaste eiendomme nadat hulle aan die verspreiding van disinformasie oor Suid-Afrika deelgeneem het nie. Dit kom nadat die Amerikaanse president Donald Trump aan wit Afrikaners vlugtelingstatus in sy land aangebied het weens die beweerde mishandeling en diskriminasie van die Afrikanergroep in Suid-Afrika. Die Good-party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hierdie verspreiding van disinformasie het die verhouding tussen die twee lande onder druk geplaas. LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page