top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Good vra dat die omstrede skoolhandboektenders ondersoek word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 29
  • 1 min read

Die Good-party sê ‘n ondersoek moet ingestel word om oortreders in ‘n skoolhandboektender te identifiseer.


Die oproep volg nadat die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, die Nasionale Tesourie gevra het om haar departement se handboekuitgewerytender van R1,6 miljard te ondersoek.


Een van die maatskappye wat die grootste aandeel in die tender ontvang het, is na bewering drie dae nadat die verwysingsbepalings vir die tender uitgereik is, geregistreer.


Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê mense wat betrokke is by bewerings van korrupsie in die departement moet aanspreeklik gehou word.


LUISTER HIER:


Brett Herron

Brett  Herron. FOTO: X
Brett Herron. FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page