Google gaan Suid-Afrikaanse mediahuise betaal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 14, 2025
- 1 min read
Google het ingestem om Suid-Afrikaanse mediahuise R688-miljoen oor die volgende vyf jaar te betaal.
Dit beëindig ʼn ondersoek van meer as twee jaar oor of digitale platforms mededinging beperk of benadeel.
Die Mededingingskommissie se ondersoek het bevind dat die tegnologiereus ʼn dominante posisie in die Suid-Afrikaanse soektogmark behou.
Groot tegnologiemaatskappye wat nuus versprei, het almal ʼn ooreenkoms met die kommissie bereik om óf sommige van hul praktyke te verander óf nuwe ondersteuningsmeganismes vir die media in te stel.







Comments