Google hou voorlopig sy nuwe KI-model van die publiek terug

Google hou voorlopig sy nuwe KI-model, Gemini 4 Argon, van die algemene publiek terug.
eNCA berig die model word aanvanklik net aan ’n gekeurde groep kuberveiligheidskenners beskikbaar gestel om moontlike misbruik deur kuberkrakers te beperk.
Volgens Google kan die model onder meer komplekse sagteware- en finansiële take hanteer en is besonder vaardig met kuberveiligheid.
Vroeë toetsers het dit glo gebruik om ’n ernstige sekuriteitsfout in sagteware wat wêreldwyd deur hospitale gebruik word, op te spoor.
Die model is ontwerp om versoeke wat kan help met kuberaanvalle of die ontwikkeling van chemiese, biologiese of kernwapens te weier.
Google sê hulle wil eers terugvoer van toetsers insamel voordat Gemini 4 Argon breër beskikbaar gestel word.









Comments