top of page

Goud toon die hoogste styging in 47 jaar

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 2
  • 1 min read

Die goudprys het in 2025 met 65% gestyg. Dit was die hoogste styging sedert 1979.


Baie beleggers het goud gekoop weens kommer oor ‘n swak dollar en geopolitieke spanning. Onder die goudkopers was sentrale banke, wat die vraag na dié kommoditeit aangevuur het.


Die Johannesburgse Effektebeurs se Alle-Aandele Indeks het in 2025 groei van meer as 35% gesien. Groot opbrengste is ontvang op Suid-Afrika-genoteerde mynbou-aandele.


Mynmaatskappye het voordeel getrek uit groot opbrengste in edelmetale.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page