top of page

Grensposte is besonders besig

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 5
  • 1 min read

Weens vakansiegangers wat ná vakansie teruggekeer huis toe is Suid-Afrika se paaie en grensposte besonders besig.


Meer as 8 000 voertuie het Sondag uurliks deur die meeste tolhekke op die N3-hoofroete tussen KwaZulu-Natal en Gauteng beweeg, met sowat 3 000 voertuie per uur deur die Nyl-tolhek op die N1-suid vanaf Limpopo na Gauteng.


Daar was ook swaar verkeer op die N4 tussen Mpumalanga en Gauteng. Teen Sondag laatoggend was die tou motors by die Lembombo-grenspos wat van Mosambiek na Suid-Afrika terugkeer sowat 15 km lank.


Die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe was net so besig weens die gelyktydige aankoms van busse uit Malawi, Zimbabwe en Zambië.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page