top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Grenssekuriteit word oor die Paastyd verskerp

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 30
  • 1 min read

Die Grensbestuursowerheid verhoog grenssekuriteit voor die Paasnaweek. Die owerheid se kommissaris, Michael Masiapato, het Sondag die owerheid se Paasplan tydens ‘n media-inligtingsessie onthul. Hy sê hulle het reeds gevorderde sekuriteitstoerusting ontplooi om veiligheid by Suid-Afrika se grensposte te versterk.


Masiapato sê wetstoepassingsagentskappe sal ook gedurende hierdie tyd op hoë gereedheidsgrondslag wees.


LUISTER HIER:


Michael Masiapato


Central News berig verder een van die grootste nuwe maatreëls is die bekendstelling van hoogs veilige paspoortstempels met gevorderde sekuriteitskenmerke. Hierdie stempels dra unieke nommers wat aan spesifieke immigrasiebeamptes gekoppel is. Indien enige stempel onwettig gebruik word, kan owerhede dit vinnig terugspoor na die verantwoordelike beampte.


Michael Masiapato. FOTO: News24
Michael Masiapato. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page