top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Grey kanselleer ‘n interskole-toer weens varkgriep

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 28
  • 1 min read

Grey Kollege Sekondêr in Bloemfontein het vanjaar se interskole-toer teen Selborne Kollege in die Oos-Kaap gekanselleer weens ’n toename in siekte onder leerlinge.


In ’n brief sê die waarnemende hoof, Ludwig Koekemoer, verskeie leerlinge is reeds met die H1N1-virus, ook bekend as varkgriep, gediagnoseer.


Koekemoer sê die besluit is op grond van mediese aanbevelings geneem en dat die gesondheid en welstand van leerlinge en personeel prioriteit geniet.


Die skool sê die besluit is nie ligtelik geneem nie en vertrou dat ouers en die skoolgemeenskap hul besluit sal ondersteun.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page