top of page

Grey’s Anatomy se Eric Dane is oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 20
  • 1 min read

Grey's Anatomy se "Dr McSteamy", Eric Dane, is in die ouderdom van 53 oorlede – net 'n jaar nadat hy met amiotrofiese laterale sklerose (ALS) gediagnoseer is.


Die BBC berig hy was in sy laaste dae omring van vriende, sy vrou, Rebecca Gayheart, en sy twee dogters.


Dane het ook rolle vertolk in die fantasiedramareeks Charmed en flieks soos Marley & Me en Burlesque.


Eric Dane en Rebecca Gayheart. FOTO: BBC
Eric Dane en Rebecca Gayheart. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page