top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Grey-seuns bou hul eie werksbanke by die nuwe Agri-gebou

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16
1 min read

Grey Kollege Sekondêr het Donderdag hul nuwe Grey Agri- gebou amptelik geopen.


Onder andere sal die vak Landboutegnologie hier aangebied word, wat masjinerie, tegniese stelsels, konstruksie, besproeiing en praktiese ingenieursvaardighede insluit.


Die landboutegnologie-onderwyser, Christoff Vosloo, sê sy eerste mikpunt is om al die toerusting wat hulle reeds ontvang het, in die werkswinkel te kry, en dit gereed te kry vir die praktiese werk.


Vosloo sê aan Rosestad-nuus die huidige Graad 11-leerders het self die werksbanke gemaak.


LUISTER HIER:


Christoff Vosloo

Buiten die grondvlak-werkswinkel waar praktiese vaardighede geoefen word, is daar op die boonste vlak ook klaskamers vir die teorietiese aspek van die vak. Die Graad 11-seuns is dit egter eens dat hulle die prakties die meeste geniet.


Die Graad 11-leerders (v.l.n.r. Ludwig Geldenhuys, Michael Burger, Kyle Smith, Tiaan Kruger, Malan Jacobz) by die werksbanke wat hulle self gebou het. FOTO'S: Ilde Roos

 
 
 

Comments


bottom of page