top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Grey treur oor hul voormalige adjunkhoof

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 30
  • 1 min read

Grey Kollege treur oor die afsterwe van sy voormalige adjunkhoof, Herman Rudd.


Die skool sê Rudd was 42 jaar lank deel van die Grey-gemeenskap en sal onthou word vir sy toewyding aan onderwys, sy rol as adjunk-huisvader van Murray-huis en sy bydrae tot die ontwikkeling van sokker by die skool.


Hulle voeg by sy passie vir die onderwys, ongelooflike toewyding aan die skool en positiewe invloed op leerders, personeel, en die gemeenskap sal vir altyd onthou word.


Volgens 'n plasing deur sy seun, Roland Rudd - hoof van St. Andrew's School in Bloemfontein, is sy pa ná 'n stryd van sowat twee en 'n half jaar teen die seldsame bloedkankertoestand, myelodisplastiese sindroom (MDS), vreedsaam by sy huis in Stilbaai oorlede.


Herman Rudd. FOTO: Facebook
Herman Rudd. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page