Groeiende onsekerheid oor die motorvervaardigings-bedryf wek kommer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 21
- 1 min read
Die Vryheidsfront Plus waarsku dat groeiende onsekerheid oor Suid-Afrika se motorvervaardigingsbedryf ’n ernstige bron van kommer is.
Die sektor bly een van die land se belangrikste nywerhede en dra 22.6% tot die totale vervaardigingsuitset by.
Dit bied meer as 115 000 werksgeleenthede en ondersteun sowat 500 000 poste in die waardeketting.
Byna 70% van voertuie wat plaaslik vervaardig word word uitgevoer en lewer ’n groot bydrae tot uitvoerverdienste.
Volgens die party sloer die regering met kritieke beleidsbesluite wat die sektor se toekoms kan bepaal.








Comments