top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Groenewald bekommerd oor gewoontemisdadigers in tronke

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 18, 2025
1 min read

Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê hy is bekommerd oor die hoë aantal gewoontemisdadigers in Suid-Afrika se tronke. Beskikbare syfers dui daarop dat nege uit elke tien veroordeelde misdadigers later weer by misdaad betrokke raak. SABC-nuus berig Groenewald sê opvoeding is noodsaaklik om hulle te help om hul lewe om te keer. Die minister het dít gesê op ‘n nuuskonferensie waar hy die 2024-matriekslaagsyfer vir gevangenes bekendgemaak het. Altesaam 171 gevangenes in 17 tronke oor die land heen het die eksamen afgelê, waarvan 96-komma-twee persent geslaag het. Groenewald sê baie meer moet egter gedoen word om te verhoed dat gevangenes ná hul vrylating weer misdaad pleeg.

 
 
 

Comments


bottom of page