top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Groenewald pleit vir alternatiewe om oorbevolkte tronke hok te slaan

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 28
  • 1 min read

Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, pleit vir alternatiewe benaderings om oorbevolking in die land se korrektiewe dienste aan te spreek.


SA News berig Groenewald het Woensdag tydens ’n parlementêre vraesessie gesê sy departement is in kontak met die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling om alternatiewe vir gevangenisstraf te ondersoek waar dit gepas is.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik Groenewald sê die grootste druk kom van mense wat in aanhouding gehou word terwyl hulle op verhoor wag.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSRIPSIE:


Die Departement van Korrektiewe Dienste tans sowat 107 000 beddens vir gevangenes beskikbaar het, met gevonniste gevangenes wat reeds minstens 106 280 beddens beset. Groenewald sê daar is sowat 3 300 verhoorafwagtendes wat nie borgtog van minder as een duisend rand kon bekostig nie, en dit kos die staatsbetaler R463 per dag om hulle daar aan te hou.


Groenewald sê hy ondersteun gemeenskapsdiens wat deel van vonnisoplegging in howe behoort te wees. Volgens Groenewald is proeftydtoesig 'n opsie, en elektroniese armbande om te verseker dat persone onder toesig veilig kan beweeg terwyl die gemeenskap beskerm word.


Pieter Groenewald. FOTO: The South African
Pieter Groenewald. FOTO: The South African

 
 
 

Comments


bottom of page