top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Groenewald sê paroolstelsel moet hersien word

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 4, 2024
1 min read

Die paroolstelsel in Suid-Afrika moet hersien word volgens Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste. Die kwessie is aangespreek nadat sy departement voor die parlement se Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste verskyn het om oor die paroolstelsel verslag te doen. Groenewald meen die kriminele wat aansoek doen vir parool se slagoffers moet ook ʼn inset lewer en mense uit die gemeenskap moet in paroolrade dien. Hy sê hy sal ook graag wil sien dat kundiges soos regsgeleerdes, maatskaplike werkers, lede van godsdiensgroepe en ook amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste  in die rade dien.

 
 
 

Comments


bottom of page