top of page

Groenewald verklaar oorlog teen korrupsie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 2
  • 1 min read

In 'n poging om Suid-Afrika se korrektiewe fasiliteite van kriminele netwerke terug te eis, het die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, belowe om klopjagte te verskerp en korrupsie in gevangenisse uit te roei. IOL berig hy het kommerwekkende syfers van voortgesette onaangekondigde klopjagte onthul. Volgens Groenewald is daar 466 klopjagte in korrektiewe sentrums regoor die land die afgelope jaar uitgevoer. Tydens die klopjagte is verskeie gesmokkelde items gevind en gekonfiskeer. Dit sluit in onder meer: oor die 20 000 geslypte voorwerpe, meer as 33 000 selfone, oor die 200kg se dwelms en amper R400 000 kontant. Groenewald het die bedreiging wat misdaadsindikate wat vanuit gevangenisse opereer, inhou, uitgelig en beklemtoon dat gemeenskappe ly wanneer misdade agter tralies georkestreer word.

 
 
 

Comments


bottom of page