Groenewald waarsku tronk-smokkelaars dat hul dae getel is
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 13
- 1 min read
Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, sê daar sal strenger opgetree word teen smokkelary in tronke regoor die land.
Dit volg nadat die departement meer as 1 400 klopjagte by korrektiewe fasiliteite uitgevoer het.
Tydens die operasies is meer as 37 500 selfone, kontant en ander onwettige items gekonfiskeer.
Groenewald het aan die parlement gesê klopjagte het met 200% toegeneem sedert die vorige begrotingsdebat, en dat ’n nulverdraagsaamheidsbenadering teen selfoongebruik in tronke toegepas sal word.
Hy het ook bekend gemaak dat 137 korrektiewe amptenare dissiplinêr aangekla word in verband met smokkelverwante oortredings.








Comments