Groenewald weier tien veroordeelde plaasmoordenaars parool
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 6, 2025
- 1 min read
Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald het al tien veroordeelde plaasmoordenaars parool geweier. Groenewald het aan Maroela Media gesê hy het nie hul aansoeke afgekeer omdat dit ‘n plaasmoord as sodanig was nie maar weens goeie, objektiewe redes. Hy verduidelik die risiko was eenvoudig net te groot dat die betrokke oortreders, sou hulle op parool vrygelaat word, weer ’n misdryf sou pleeg. Groenewald voeg by dat sommige van die paroolaansoeke wat op sy tafel beland grusaam is en dat volgens hom sommige misdadigers nie gerehabiliteer kan word nie. Hy doen dus wat die Departement van Korrektiewe Dienste presies behoort te doen – om Suid-Afrikaners teen misdadigers te beskerm.







Comments