top of page

Groenewald wil buitelandse misdadigers uit SA tronke verwyder

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 4, 2025
  • 1 min read

Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê hy sal graag wil sien dat al 27 000 buitelandse gevangenes in Suid-Afrikaanse tronke na hul geboortelande terug gestuur word om die oorbevolking van gevangenisse te verlig.


Hy sê egter om so 'n proses te bespoedig sal aanpassings tot sekere wette vereis, wat tyd neem.


EWN berig Groenewald het Woensdag vrae in die parlement beantwoord. Hy voeg by die land moet meer korrektiewe fasiliteite bou om oorvol gevangenisse aan te spreek.


Pieter Groenewald. FOTO: EWN
Pieter Groenewald. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page