top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Groep vas vir beweerde afpersing van Bloemfonteinse dokter

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 14, 2024
1 min read

Die polisie in die Vrystaat het verskeie individue in hegtenis geneem wat betrokke was by die beweerde afpersing van ‘n plaaslike dokter in Bloemfontein. Die dokter het in September ‘n afpersingsaak geopen teen mense wat geld van hom geëis het. Dit is nadat die dokter ’n telefoonoproep ontvang het van ’n man wat homself geïdentifiseer het as die oom van ’n pasiënt wat hy verlede jaar behandel het. Die inbeller het na bewering die dokter aangesê om ‘n aansienlike bedrag geld oor te dra om te keer dat ‘n saak van verkragting teen hom aanhangig gemaak word.Die polisie het toe daarin geslaag om vier verdagtes in hegtenis te neem tydens ‘n operasie by ‘n winkelsentrum in Botshabelo. Die verdagtes sal Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page