'Grondontneming beïnvloed steeds toegang tot basiese dienste'

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê grondontneming beïnvloed steeds burgers se toegang tot basiese dienste. Die kommissaris, Philile Ntuli, sê ontneming sluit verplasing in wat veroorsaak word deur omgewingskwessies en informele nedersettings.
Haar kommentaar volg op die vrystelling van ‘n verslag van die Menseregtekommissie oor sy Konstitusionele Dialoog oor Grond, Menseregte en Ruimtelike Geregtigheid. Die verslag het struikelblokke vir billike grondherverdeling geïdentifiseer.
Ntuli sê grond is gekoppel aan waardigheid, identiteit en lewensonderhoud, terwyl moderne vorme van ontneming onseker verblyfreg, omgewingsagteruitgang en uitsluiting van besluitnemingsprosesse insluit.









Comments