Groot dele van Bloem sit sonder krag
- Saamgestel deur Jana Roos

- Apr 19
- 1 min read
Groot dele van Bloemfontein sit Sondag sonder krag, as gevolg van erge weer en ‘n beplande kragonderbreking by die Bayswater substasie.
Luidens ‘n verklaring affekteer die beplande onderbreking groot dele van die noorde van die stad, insluitend Bayswater, Dan Pienaar, dele van Waverley, Heuwelsig en Pentagon park. Die krag kan na beraming tot 20:00 af wees, en die afskakeling is nodig vir konstruksie en/of instandhoudingsopgraderings aan die netwerk.
‘n Volgende onderbreking van hierdie aard word vir 26 April beplan.
Intussen ervaar verskeie gebiede insluitend Langenhovenpark, Universitasrif, Brandwag, Spitskop en omliggende areas kragonderbrekings as gevolg van weerstoestande.
Inwoners word versoek om voorbereid te wees vir moontlike verdere onderbrekings en om probleme onmiddellik by Centlec aan te meld vir aandag.








Comments