Groot dele van SA se water toets positief vir E.coli
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 17, 2025
- 1 min read
Die Water Community Action Network (WaterCan) het bevind dat E. coli in tot twee derdes van die watervoorraad in Suid-Afrika teenwoordig is.
WaterCan het honderde waterbronne landswyd getoets en onveilige vlakke van E. coli in verskeie provinsies ontdek.
Ongeveer 70% van die toetse in beide Gauteng en die Wes-Kaap het hoë vlakke van bakteriële besmetting getoon.
E. coli is ook in krane en JoJo-tenks opgespoor.
WaterCan sê die land se riviere en damme het oop riole geword, besmet met chemiese besoedelingstowwe en riool.







Comments