top of page

Groot feesvieringe wag vir ‘n Bloem-gemeente

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 24, 2025
  • 1 min read

Groot feesvieringe wag wanneer die gemeente van die St. Paulus Lutherse kerk in Dan Pienaar, Bloemfontein, hul 150ste bestaansjaar herdenk.


Bloemnuus berig die gemeente is in die beginjare in ‘n ou kerk in St Georgesstraat gehuisves, maar vergader sedert 1968 in die besonder mooi kerkgebou langs Emily Hobhouseplein.


St. Paulus is ‘n klein, lewenskragtige gemeente, waar die eredienste in Afrikaans, Duits en Engels gehou word sodat almal verstaan.


Die gemeente se pastoor, Gideon van der Watt, verduidelik die Lutherse tradisie is gebou op die vier pilare van “Christus alleen,” “genade alleen,” “geloof alleen,” en die “Woord alleen” − alles alleen tot die eer van God.


Op 3 Desember word die gemeente se geboortedag in 1875 met lesings oor die historiese bydrae van die Duitse gemeenskap in Bloemfontein gevier.



Comments


bottom of page