Groot rolspeler van Iran tydens Israelse lugaanval dood
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 16
- 1 min read
Iran het bevestig dat die hoof van sy Revolusionêre Wag se intelligensie-eenheid, Mohammad Kazemi, en sy adjunk Sondag in ‘n Israelse lugaanval dood is. Volgens Iran se ministerie van gesondheid is 224 mense sedert Vrydag in Israelse lugaanvalle dood en honderde is beseer, waarvan die meeste burgerlikes is. SABC-nuus berig Israel het Vrydagoggend begin met lugaanvalle wat veral Iran se kerngeriewe en senior militêre leiers geteiken het. Iran het in reaksie hommeltuie en ballistiese missiele op Israel afgestuur. Minstens tien sterftes is Sondag in Israel aangemeld, met meer as honderd mense wat beseer is. Maandagoggend is minstens drie mense in Iranse aanvalle op vier plekke in sentraal Israel dood, en 74 is beseer.





Comments