top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Groot suksesse vir Vrystaatse gesinsgeweld-eenhede

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 24, 2024
1 min read

Die eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in die Vrystaat het onlangs aansienlike suksesse behaal. Volgens polisie woordvoerder, Mahlomola Kareli, het die suksesse gelei tot 'n totaal van 105 jaar en ses lewenslange tronkstraf vonnisse op 15 sake, in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld. Kareli sê toegewyde beamptes het die afgelope twee weke onvermoeid gewerk om sterk sake teen oortreders te ondersoek en op te bou. As gevolg van die onvermoeide werk is noemenswaardige skuldigbevindings vir geslagsgebaseerde geweldverwante misdrywe behaal, wat die eenheid se onwrikbare vasberadenheid om oortreders aanspreeklik te hou, toon.

 
 
 

Comments


bottom of page