top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Groter eise kan nou deur die Kleineisehof aangehoor word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 5
  • 1 min read

Die Kleineisehof kan nou siviele eise van tot R30 000 aanhoor, in plaas van die vorige limiet van R20 000.


Volgens die Departement van Justisie het die verandering die begin van die maand in werking getree.


Mense het nie 'n prokureur nodig om hulle in die Kleineisehof te verteenwoordig nie, en sake word gewoonlik vinniger en teen laer koste afgehandel.


Die departement meen die verhoging sal meer mense help om geskille op 'n bekostigbare manier op te los.


Die Kleineisehof hanteer onder meer geskille oor onbetaalde skuld, gebrekkige goedere, swak dienslewering en sekere eise wat uit kredietooreenkomste voortspruit.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page