top of page

Gupta-meelopers mag weer verhoor word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 13, 2025
  • 1 min read

Die agt beskuldigdes in die Nulane-bedrogverhoor mag weer verhoor word. Netwerk24 berig die saak hou verband met die Vrystaatse regering se betalings van R24.9 miljoen aan Nulane Investment vir ‘n lewensvatbaarheidstudie, wat tot die omstrede mislukte Gupta-gekoppelde Vrede-suiwelplaasprojek gelei het. Die Appélhof in Bloemfontein se uitspraak volg nadat die hooggeregshof in die stad vroeër al agt beskuldigdes in die saak vrygespreek het. Die beskuldigdes sluit staatsamptenare, ‘n Gupta-meeloper en ‘n sakeman van Johannesburg in. Luidens die uitspraak sal onder andere die voormalige departementshoof van landbou van voor af voor ‘n regter verhoor word - asof hulle nooit voorheen verhoor is nie. Die Nasionale Vervolgingsgesag het die uitspraak verwelkom en sê in ‘n verklaring dit bevestig dat die vorige regter haarself misgis het met die toepassing van die relevante regsbeginsels.

 
 
 

Comments


bottom of page