Gure weer kelder die ANC se spesiale vergadering
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 13
- 1 min read
Die ANC het sy spesiale vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) tot Woensdag uitgestel. Die party sê die uitstel is te wyte aan die erge weer in Kaapstad.
Die party se senior leierskap sou na verwagting Dinsdag vergader om die jongste uitdagings wat die partyleier, Cyril Ramaphosa, in die gesig staar, te bespreek.
Ramaphosa staar moontlike afsetting in die gesig as die land se president na die Konstitusionele Hof se uitspraak in die Phala Phala-saak. Hy het sedertdien herhaal dat hy nie sal bedank nie.








Comments