Gwarube verleng die tydperk vir openbare kommentaar oor die konsep-geskiedeniskurrikulum
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 20
- 1 min read
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die tydperk vir openbare kommentaar oor die konsep-geskiedeniskurrikulum vir graad 4 tot 12 met 30 dae verleng.
Volgens SABC News volg dié besluit ná groot openbare belangstelling in die voorgestelde veranderinge.
Die departement sê dit wys dat daar geen voorafbepaalde uitkomste in die proses is nie.
Die minister moedig alle belanghebbendes aan om die ekstra tyd te gebruik om deur die konsep te gaan en hul kommentaar deur die amptelike kanale in te dien.
’n Woordvoerder van die departement, Terrence Khala, sê openbare deelname sal ’n belangrike rol speel in die finale dokument.
Hy voeg by dat die sperdatum vir kommentaar nou tot 19 Mei verleng is.








Comments