Gwede Mantashe se hofaansoek misluk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 16
- 1 min read
Die voorsiter van die ANC en minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, se hofuitdaging om dele van die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping te laat skrap, het misluk.
Dit het betrekking op dele in die verslag waar sy naam genoem word.
Die hooggeregshof in Johannesburg het sy aansoek van die hand gewys, en gesê Mantashe het nie die regte prosedure gevolg nie.
Die Zondo-kommissie het in sy verslag aanbeveel dat die veiligheidsopgraderingswerk wat die maatskappy Bosasa, glo gratis by Mantashe se woning gedoen het, ondersoek moet word.






Comments