top of page

Hael val plek-plek in die Oos-Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Sep 26
  • 1 min read

’n Storm het oor die Oos-Vrystaat getrek en hael van tot 10 cm dik het plek-plek op ’n plaas by Warden voorgekom.  


Landbouweekblad berig volgens ‘n boer van die distrik, Tewie Wessels, het hy nog nie só iets by hulle gesien nie.


Hael het twee weke gelede ook oor die distrik uitgesak, maar toe was dit lig met klein haelkorreltjies.


Volgens Wessels was die afgelope winter een van die natstes wat hy nóg op die plaas beleef het.


Hael en reën het ook in die omgewings van onder meer Reitz, Kroonstad en Parys geval.


Die risiko vir erge haelstorms aan die begin van die somer is hoog vanjaar, veral omdat die reënseisoen vroeg blyk te wees.




 
 
 

Comments


bottom of page