Haglike toestande in informele nedersettings moet aangespreek word
- Nadia Pieters

- Nov 5
- 1 min read
‘n Nuwe verslag deur die organisasie Amnesty International dring daarop aan dat die Suid-Afrikaanse regering vinnig moet optree om die haglike toestande in informele nedersettings aan te spreek.
Veral in Johannesburg, Kaapstad en Durban.
Volgens die verslag leef byna vyf miljoen mense in ellende.
Hulle swak lewensomstandighede word dikwels vererger deur oorstromings wat met klimaatsverandering verband hou.
Amnesty International sê regeringsversuim en swak hulpbronne het miljoene in die steek gelaat.






Comments