top of page

Hamas bespreek voorstelle vir ‘n wapenstilstand in Gasa

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 3
  • 1 min read

Die Palestynse militante groep Hamas sê hulle bespreek voorstelle vir ‘n wapenstilstand in Gasa.

Egipte, Katar en Amerika gaan voort met hul pogings om vrede tussen Israel en Hamas te bemiddel.

Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag aangekondig dat Israel tot ‘n wapenstilstand van 60 dae ingestem het.

Intussen berig Al Jazeera Israel sê die oorlog sal nie verby wees tot Hamas oorwin is nie.

Trump gaan na verwagting volgende week met die Israeli eerste mininster, Bejamin Netanyahu, vergader.

Kort ná Hamas se verklaring het Netanjahu gesê daar sal "geen Hamas" in Gasa ná die oorlog wees nie.

 
 
 

Comments


bottom of page