Hamas het drie dae om op ‘n vredesvoorstel te reageer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 1
- 1 min read
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Hamas drie tot vier dae gegee om te reageer op die jongste vredesvoorstel.
Hy waarsku dit sal ’n baie droewige einde wees as die groep die aanbod verwerp.
Die plan sluit ’n einde aan gevegte, die vrylating van gyselaars en ’n internasionale vrederaad om Gasa te bestuur, in.
Die plan bied ook ’n pad na Palestynse staatskap, maar Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, bied nog weerstand daarteen.
Intussen het ‘n senior amptenaar van Hamas vir die BBC gesê dat Trump se voorstel nie die belange van Palestynse mense in ag neem nie.






Comments