top of page

Hamas wil gyselaars uitruil sodat vredesonderhandelinge kan vorder

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 6
  • 1 min read

Die Islamitiese weerstandsbeweging Hamas het versoek dat daar spoedig begin sal word met die uitruil van gyselaars met Israel, terwyl onderhandelinge tussen die twee oorlogvoerende partye in Egipte aan die gang is.


Dit is deel van ’n poging om die byna twee jaar lange oorlog te beëindig.


Maroela Media berig buitelandse ministers van verskeie lande het gesê die gesprekke bied ’n “werklike geleentheid” om ’n alomvattende en volhoubare skietstilstand in Gaza te bereik.


Hierdie diplomatieke poging volg nadat die Palestynse militante groep positief gereageer het op Amerikaanse president Donald Trump se plan vir die vrylating van gyselaars in ruil vir Palestyne wat in Israeliese tronke aangehou word.


Intussen berig IOL 'n groep Suid-Afrikaners wat in Israel gehou is nadat hulle aan boord 'n flottielje met humanitêre hulp na Gaza was, is veilig en gesond, en sal binnekort na eie bodem terug keer.


FOTO: Reuters
FOTO: Reuters

Comments


bottom of page