Handelsbeperkings op SA uitvoerprodukte bedreig die landboubedryf
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 14
- 1 min read
Die toenemende handelsbeperkings wat Namibië, Botswana en Mosambiek op Suid-Afrikaanse landbou-uitvoerprodukte ingestel het, bedreig nie net Suid-Afrika se landboubedryf nie, maar ondermyn ook streekshandel en ekonomiese stabiliteit in Suider-Afrika.
Die VF Plus se leier in Gauteng en hoofwoordvoerder oor handel, nywerheid en mededinging, Jaco Mulder, sê hierdie optrede bots direk met die kernbeginsel van die Suidelike Afrika Doeane-unie en doelwitte van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied, wat juis die vrye vloei van goedere en ekonomiese samewerking wil bevorder.
Nova News berig Mulder sê die beperking van Suid-Afrikaanse groente, vrugte en sekere pluimveeprodukte skep nie net onsekerheid vir produsente nie, maar stel ook duisende werksgeleenthede in die landbou- en logistieke sektor in gevaar.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder met sowat 17% van Suid-Afrika se landbou-uitvoerprodukte wat na die Sacu-streek gaan, kan voortgesette beperkings beduidende ekonomiese skade veroorsaak.
LUISTER HIER:
TRASKRIPSIE:
Mulder voeg by terwyl die druk op buurlande om plaaslike produksie en werksgeleenthede te beskerm verstaanbaar is, kan sulke eensydige optrede nie ten koste van bestaande handelsooreenkomste en streeksamewerking geskied nie. Dit skep onsekerheid, verswak vertroue tussen handelsvennote en bedreig die langtermyn-stabiliteit van die streek se ekonomieë. Sacu se strukture moet ook hersien word om te verseker dat lidlande by ooreengekome beginsels hou en eensydige handelsbeperkings voorkom word.
Mulder sê die VF Plus doen ‘n dringende beroep op die Suid-Afrikaanse regering om hoëvlak-dialoog met die betrokke lande te inisieer om die beperkings spoedig op te hef en wedersydse vertroue te herstel.








Comments