Handelsooreenkoms met VSA wil voedselsekerheid bevorder

Die departement van landbou het ’n tydelike, maar baanbrekende handelsooreenkoms met Amerika gesluit, wat voedselsekerheid in Suid-Afrika kan verbeter.
Volgens die direkteur van dieregesondheid, Mpho Maja, sal Amerika voortaan self handelbeperkings per staat kan instel en ophef na gelang van uitbrekings van hoogs patogeniese voëlgriep.
Maroela Media berig die nuwe reëling het in Maart in werking getree en sal vir een jaar op ’n proefbasis geld. Daarna sal dit geëvalueer word vir moontlike langtermyngebruik.
Die algemene bestuurder van Merlog Foods, Georg Southey, verwelkom die besluit. Hy sê dit vergemaklik toegang tot veilige, bekostigbare proteïen.
LEES MEER:
Hy waarsku egter dat die huidige algehele invoerverbod op hoender van Brasilië ’n potensiële voedselkrisis kan veroorsaak, aangesien sowat 95% van Suid-Afrika se meganies ontbeende vleis van daar afkomstig is.








Comments